Inspirasie vir die dag – Om iemand te laat gaan

Deel hierdie storie / Share this story

Dit is bitter moeilik om aan te beweeg as jy lief is vir iemand. Of dit nou ‘n romantiese verhouding, ‘n vriend of familielid is, dit bly steeds moeilik.

Of die persoon nou kies om nie meer deel te wees van jou lewe nie en of jy afstand moet neem as gevolg van toksiese gedrag, seer bly seer.

Die beste raad is om dit stap vir stap, minuut vir minuut, dag vir dag te neem. Al maak dit seer, voel die seer en laat dit dan gaan. Jy sal slegte dae hê en jy sal goeie dae ook hê. Binnekort sal die son weer begin skyn.