KIMBERLEY. – ’n Man het na bewering Dinsdagaand om 21:00 by die taxistaanplek, skuins oorkant CTM, ’n minibusbestuurder doodgesteek en twee ander slagoffers beseer.
Kapt. Tessa Jansen, polisiewoordvoerder, het die voorval bevestig.
Minibusbestuurder doodgesteek
“Die taxibestuurder wat oorlede is, is van Taung. Die ander twee mans wat beseer is, is van Platfontein. Die een is ernstig beseer terwyl die tweede een net matige beserings opgedoen het.”
Volgens Jansen het daar ’n bakleiery by die taxistaanplek uitgebreek wat tot die voorval gelei het. Sy sê die verdagte is ook van Platfontein.
LEES OOK: Matriekseun doodgeskiet voor man sy eie lewe by petrolstasie neem



