Drie werkers vermis na ontploffing by ArcelorMittal-aanleg

Deel hierdie storie / Share this story

JOHANNESBURG. – Drie werkers is vermis na ‘n gedeelte van ‘n skoorsteen van 90 meter ineengestort het by ‘n kooksoond van ArcelorMittal se aanleg in Vanderbijlpark.

Volgens Daily Maverick het die staalproduksiemaatskappy in ‘n verklaring bevestig dat die ontploffing Woensdagoggend vroeg plaasgevind het.

Die gedeelte van die stapel wat ineengestort het, het op die beheerkamer van die coke-battery, waarin drie werknemers gewerk het, geval.

Die drie werkers is sedertdien vermis en daar word vermoed hulle is onder rommel vasgekeer.

Reddingspanne is besig op die toneel

Phakamile Hlubi-Majola, woordvoerder van Numsa, sê soek- en reddingspanne is besig op die toneel en alle pogings is daarop gemik om die vermiste werknemers op te spoor, terwyl ander werknemers reeds uit die gebou ontruim is.”

“Alle relevante owerhede is in kennis gestel en die maatskappy sal hul ondersoek ten volle steun. Die maatskappy het uitgereik na die families van die werknemers en sal die nodige hulp bied.”

Die oorsaak van die voorval is nog onbekend, maar die maatskappy is besig om ondersoek in te stel.

Nooddienste werk aan ‘n plan

“Die ontploffing het omstreeks 02:00 vanoggend plaasgevind en ons is bekommerd dat die werkers onder die puin vasgekeer is. Nooddienste is op die toneel en probeer tans ‘n manier vind om hulle veilig uit die gebou te kry, sonder om ʼn ontploffing te veroorsaak,” het Kabelo Ramokhathali, Numsa se streeksekretaris in Sedibeng, in ‘n verklaring gesê.

“Ons sal die media op hoogte hou sodra ons meer oor die oorsaak van die ongeluk weet, en sodra ons daarin geslaag het om ons lede veilig op te spoor.”

Lees meer artikels hier.