Vriendelikheid kos niks – inspirasie vir die dag

Dit is verniet en al wat dit moontlik kan doen, is om iemand anders se dag op te kikker.

Vriendelikheid kos niks – inspirasie vir die dag

Vriendelikheid kos niks – inspirasie vir die dag

Het jy al agtergekom hoe jou dag ’n draai ten goede kan neem wanneer jy ’n kompliment van ’n vreemdeling af kry? Selfs wanneer ’n familielid of ’n vriend vir jou iets moois sê?

Vriendelikheid kos niks. Dit is verniet en al wat dit moontlik kan doen, is om iemand anders se dag op te kikker.

Die wêreld is reeds ’n donker en eensame plek sonder mense wat ongeskik is. Maar ’n mooi glimlag of ’n onselfsugtige daad kan as’t ware iemand se lewe red.

Probeer vandag vriendelik wees. Probeer jou familie bemoedig, maar die belangrikste van alles, gee vandag vir ten minste een vreemdeling ’n opregte kompliment.

Laat iemand voor jou in die ry staan. Gee iemand ’n kans om eerste by die stopstraat te ry. Glimlag vir iemand by wie jy verbyloop (bietjie moeilik deur jou masker, ek weet).

Nie net gaan jy daai persoon se dag omdraai nie, maar jy sal sommer beter voel oor jouself ook!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: