Noord-Korea se poging om Pfizer Covid-entstoftegnologie te steel

Bronne in die nasionale intelligensiediens in Suid-Korea het glo bewyse gevind dat die kluisenaar die entstoftegnologie probeer steel het.

Bronne in die nasionale intelligensiediens in Suid-Korea het glo bewyse gevind dat die kluisenaar die entstoftegnologie probeer steel het.

Foto: Mirror

Bronne in die nasionale intelligensiediens in Suid-Korea het glo bewyse gevind dat die kluisenaar en diktator van Noord-Korea die entstoftegnologie probeer steel het.

Volgens Mirror word daar vermoed dat Kim Jong-un se regime eerder die inligting sou verkoop as om hul eie entstof te maak.

Verlede jaar is daar nege gevalle aangemeld waar kuberkrakers probeer inbreek het om Covid-19-entstofinligting, by verskillende maatsappye inluitend Johnson & Johnson, te steel.

Noord-Korea word dikwels daarvan beskuldig dat hulle hul tot ‘n leër van kuberkrakers gewend het om die geldkas van die regering te vul te midde van internasionale sanksies.

Daar word beweer dat Kim Jong-un se agente verlede week $1.7 biljoen se kripto-geldeenhede gesteel het.

Noord-Korea sal na verwagting teen die eerste helfte van die jaar byna twee miljoen dosisse AstraZeneca-Oxford Covid-19-entstof deur middel van die COVAX-deelprogram vir inentings ontvang.

Die geheimsinnige staat het vanaf die begin van die pandemie nog geen koronavirus-gevalle bevestig nie. Die kans dat daar wel ook ’n pandemie in Noord-Korea plaasvind, is groot, want handel tussen Noord-Korea en China het voor die sluiting van China se grense plaasgevind.

Lees meer artikels hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: