February 26, 2021

Man doen hom as kliënt voor- verkrag vrou

’n Man het my gekontak en gevra vir ’n brosjure. Ek het aangebied om dit vir hom te gaan aflaai aangesien hy net n paar blokke van my af, in dieselfde buurt bly.

**Sekere inligting in hierdie storie is verander om die betrokke persone se identiteit te beskerm.**

’n Vrou (30) is ’n paar jaar gelede, toe sy in haar twintigs was, deur ’n kliënt by sy huis verkrag. Hier deel sy haar storie anoniem met FiND iT.

Ek was ’n verkoopsdame vir ’n skoonheidsmaatskappy. Soos elke agent weet, sal jy die ekstra myl stap om ietsie te verkoop.

’n Man het my gekontak en gevra vir ’n brosjure. Ek het aangebied om dit vir hom te gaan aflaai, aangesien hy net ‘n paar blokke van my af, in dieselfde buurt, bly.

Ingenooi

Toe ek by sy huis kom, het hy my ingenooi en gevra ek moet sommer wag terwyl hy die boekie deurkyk sodat hy klaar kan bestel en betaal.

Hy het aangebied om vir my rum en Coke in te gooi terwyl ek wag, maar ek het vir hom gesê ek drink nie alkohol nie en my man sal nie gelukkig wees as hy hoor ek het saam met ’n ander man gedrink nie.

Hy het toe vir my Coke ingegooi. Hy het die boekie rustig deurgeblaai terwyl ek gewag het en het aangedring dat ek die Coke drink. Ek moes toe al geweet het iets is nie reg nie.

Lam

Ek het ’n slukkie gevat en die glas op die tafeltjie neergesit. Binne ’n paar minute het ek baie snaaks begin voel. Ek was van alles bewus wat om my aangaan, maar ek kon nie beweeg nie. Ek op die bank omgeval en probeer praat, maar ek kon nie.

Verkrag

Hy het opgestaan, my opgetel, na sy kamer toe gedra, my klere afgetrek en my verkrag.

Gevolge

Hy is later in hegtenis geneem en het net vyf jaar tronkstraf gekry.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: