February 25, 2021

Raad met jou maat – Estelle antwoord

Ek glo daar is iets ander wat fout is en ek sal voorstel dat dit eers uitgesorteer moet word voor haar eetgewoontes sal kan verander.

Raad met jou maat – Estelle antwoord

Raad met jou maat – Estelle antwoord

Hier is jou kans om ’n anonieme vraag oor jou verhouding te vra. Stuur jou anonieme vraag na [email protected].

Anonieme lesersvraag:

My vrou het die laaste tyd vreeslik baie begin eet en baie gewig aangesit. Sy sal heeldag en heelnag loop en eet. Sy staan tot in die nag op koekies of chocolates te gaan eet. Ek het opgehou om lekkernye vir die huis te koop, maar dan koop sy dit net self. Hoe kan ek vir haar op ’n mooi manier sê hierdie gedrag moet verander?

Antwoord:

Kos kan vir sekere mense soos dwelms of alkohol wees wanneer hulle ’n emosionele probleem het. Ek glo daar is iets anders wat fout is en ek sal voorstel dat dit eers uitgesorteer moet word voor haar eetgewoontes sal kan verander. Die beste is om met haar te praat en uit te vind wat pla haar en dit dan van daar af te neem.

Wanner jy weer gaan kos koop, koop gesonde kos, maak dit vir julle en begin saam met haar gesond eet. Nooi haar ook gereeld om saam met jou te gaan oefen of stap.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: