Agt Facebook-wenke wat jy moet weet

ShoutMeLoud het ‘n lys saamgestel van truuks wat jy op jou profiel kan probeer.

10 Facebook-wenke wat jy moet weet. Foto: Glen Carrie

10 Facebook-wenke wat jy moet weet. Foto: Glen Carrie

Facebook is een van die gewildste webwerwe vir sosiale netwerke en bevat verskillende wenke en truuks.

ShoutMeLoud het ‘n lys saamgestel van truuks wat jy op jou profiel kan probeer.

1. Wys aanlyn vir geselekteerde vriende

Dit is moontlik om slegs vir ‘n paar uitgesoekte vriende aanlyn te verskyn.

Gaan na Chat onderaan die regterkant van die bladsy, klik dan op die wiel-ikoon en klik op gevorderde instellings.

Daar verskyn ‘n venster, in die veld wat sê: “Skakel klets aan vir alle vriende, behalwe ..”, begin die naam van jou vriend tik, vir wie jy nie aanlyn wil verskyn nie.

2. Skakel outo-speel vir video’s af

Video’s word outomaties gespeel wanneer jy deur jou tydlyn gaan. As jy die outomatiese speel van video’s wil deaktiveer, kan jy dit doen deur na instellings te gaan, video’s te selekteer en dan die outomatiese speel van video’s af te skakel.

3. Towersirkels

Hierdie towerkringe wat op jou bladsy verskyn, is net een van die vele geheime truuks wat jy op Facebook sal vind. Doen dit deur die volgende te doen: druk op, op, af, af, links, regs, links, regs, B, A, Enter en druk dan op en af.

Herlaai weer jou bladsy deur op F5 te druk en herhaal die proses, net as dit nie met jou eerste probeerslag werk nie.

4. Skep vals statusopdaterings

Het jy al die snaakse opdaterings gesien waar ‘n bekende persoon praat oor verskillende nuus? Die grappige ding is dat dit nie ware opdaterings is nie, en gewoonlik iets sê wat jy nie altyd dink die persoon sal sê nie.

Jy kan dieselfde doen met behulp van hierdie gratis hulpmiddel: The Wall Machine: The Funny Fake Facebook Walls. Tik dit in Google in en volg die instruksies.

5. Laai foto’s vinnig van Picasa na Facebook:

Hierdie program het die vermoë om foto’s direk na jou profiel te laai. Klik hier om dit af te laai.

Sodra die installasie voltooi is, klik hier om die Picasa-toepassing te installeer.

Voeg dan die nuwe Facebook-knoppie by jou Picasa.

6. Gebruik die soekfunksie soos ‘n pro

Die soekknoppie is ‘n kragtige instrument wat jou kan help om jou ou vriende, bekendes, organisasies of gunstelingmusikant sonder probleme te vind.

7. Laat jou statusopdaterings bollemakiesie slaan

Is jy lus om ‘n bietjie pret te hê? Probeer om jou opdaterings onderstebo te draai. Jou vriende sal beslis hulle koppe skuins draai om jou boodskap te probeer lees. Probeer dit hier.

8. Verander jou lettertipes

Jou statusopdatering het standaard net een lettertipe, maar jy kan altyd derdepartye gebruik om die lettertipe te verander. Gebruik hierdie webwerf.

Bron: www.shoutmeloud.com

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: