Hoekom babapoeier ’n moet in elke huis is

DIY & Crafts verduidelik dat babapoeier ‘n produk is wat beslis nuttig in enige huis sal wees.

DIY & Crafts verduidelik dat babapoeier 'n produk is wat beslis nuttig in enige huis sal wees.

Foto: USA Today

DIY & Crafts verduidelik dat babapoeier ‘n produk is wat beslis nuttig in enige huis kan wees.

  • Gebruik babapoeier as ’n droë sjampoe. Gooi ’n bietjie op jou haarborsel en kam jou hare deur. Dit absorbeer olie in jou hare en laat dit ook vars ruik. Dit werk die beste op blondines en grys hare. As jy ’n brunet is, kan jy gerus ’n klein bietjie kakaopoeier met die babapoeier meng sodat jou hare nie grys voorkom as jy dit deurgeborsel het nie.
  • Gooi dit op jou hond. Het jy nie nou tyd om jou hond te bad nie? Dis oukei, babapoeier absorbeer olie en sal jou hond vars laat lyk en ruik. Gooi babapoeier op jou hond se pels en los vir ’n klein rukkie. Kam daarna die hond se pels uit.
  • Verwyder vetkolle. As jy ’n vetkol op een van jou kledingstukke het, neem ’n bietjie babapoeier op ’n stuk watte en klop liggies oor die kol. Vryf die poeier in die vetkol in en skud daarna af. Herhaal tot die kol verwyder is.
  • Voorkom wrywing. In die somer is ’n mens se vel geneig om te skaaf en dit kan pynlik raak. Deur babapoeier op die area te gooi voor jy gaan draf, kan dit skawing voorkom.
  • Gooi binne-in skoene. Die babapoeier sal onaangename reuke absorbeer. Gooi saans ’n bietjie babapoeier in jou skoene en môreoggend skud jy dit net uit.
  • Gooi bo-op gemufte boeke. As jou boeke in ’n klam plek gestoor was en dit het ’n muwwerige reuk, kan jy babapoeier tussen die blaaie gooi, die boek oornag laat staan en dan net uitskud. Die slegte reuk sal weg wees.
  • Gooi tussen jou lakens sodat dit nog beter kan ruik. Dit sal jou ’n rustige nagrus gee en jy kan selfs jou gaste daarmee verras.

Lees meer artikels.

Steek jou litteken weg met ’n tatoe

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: