2021 se graad 8’s is bang vir niks

Om ’n graad 8 in ’n nuwe skool te wees is baie opwindend, maar so ook stresvol. Danika Meyer en Mizaan Van Wyk deel graag hul heel eerste dag as graad 8s in die Hoërskool Diamantveld met ons.

Fotos: (Links) Mizaan en (Regs) Danika

Om ’n graad 8-leerling in ’n nuwe skool te wees, is baie opwindend, maar ook stresvol. Danika Meyer en Mizaan van Wyk deel graag hul heel eerste dag as graad 8’s in die Hoërskool Diamantveld met ons.

Ten spyte daarvan dat die meisies die hoërskool tydens ‘n pandemie betree, is hulle baie positief oor die hele situasie.

Danika Meyer: “My eerste dag by DHS…dit was ’n nuwe ervaring en ek het agterkom dit is ’n skool met baie tradisies, asook baie dissipline, wat ’n goeie ding is. Die oomblik wat ek binnestap, het ek welkom gevoel en geweet dit is die hoërskool vir my en dat ek nooit spyt sal wees oor my keuse nie. Almal is baie vriendelik en ek kan nie wag om môre weer terug te gaan nie. Dit was regtig baie lekker.”

Foto: Meyer

Mizaan van Wyk: “Ek is trots daarop om ’n Diamantvelder te wees en sien vreeslik uit na die nuwe jaar wat voorlê. My eerste dag in die hoërskool was baie lekker. Ons het ’n warm verwelkoming gekry en ’n verwelkomingspakket. Die matrikulante was ook baie vriendelik. Ek is bly ek het ’n skool gekies wat my die geleentheid gee om te skitter.”

Foto: van Wyk

Die twee nuwe hoërskooldames sê beide hulle is nie bang om hul eerste jaar in die hoërskool tydens ’n pandemie aan te pak nie. Hulle bevestig hul skool maak seker die Covid-19-protokolle word gehandhaaf.

Allbei sê hulle sal by die reëls en regulasies hou om hulself en ander te beskerm teen Covid-19 terwyl hul die jaar vol moed aanpak.

Lees meer artikels hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: