Facebook waarsku: ons maak jou blad toe!

Die doel daarvan is om false en verkeerde inligting oor Covid-19 te bekamp.

Facebook waarsku: ons maak jou blad toe!

Facebook waarsku: ons maak jou blad toe!

Facebook het Maandag aangekondig hy sal alle vals nuus aangaande inentings van sy blad verwyder. Dit kan insluit dat hy profiele en blaaie heeltemal sal toemaak.

Die beleid sluit plasings oor Covid-19-inentings en inentings in die algemeen in. Dit sluit aan by die beleid wat die sosialemediaplatform in Desember 2020 ingestel het.

LEES OOK: Sanitasiewerkers red 10-jarige na ontvoering

Die doel daarvan is om vals en verkeerde inligting oor Covid-19 te bekamp.

Private plasings kan ook verwyder word

Facebook het begin deur advertensies wat vals eise teen inentings maak, te verbied, maar pivaat plasings kan ook nou verwyder word. Bladsye en groepe wat dieselfde plasings aanhou maak, kan heeltemal van die platform verwyder word.

Die verkeerde inligting wat aanlyn versprei word, kan glo skadelike gevolge hê.

Lees meer artikels hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *