Ma, Martie dood toe sy aan bewegende motor vasklou om haar baba te red

ARIZONA. - Britanny Martie het haar lewe verloor toe sy aan die kant van haar bewegende motor vasklou, nadat haar kind se pa probeer het om hom te ontvoer.

ARIZONA. - Britanny Martie het haar lewe verloor toe sy aan die kant van haar bewegende motor vasklou, nadat haar kind se pa probeer het om hom te ontvoer. Foto: pixabay

ARIZONA. – Britanny Martie het haar lewe verloor toe sy aan die kant van haar bewegende motor vasgeklou het toe haar kind se pa probeer het om hom te ontvoer.

Volgens All4Women het Eric Maes nie toesig oor die 10 maande oue Abel Maes met Martie gedeel nie.

Martie was glo besig om haar seun in ’n minibus te laai toe Maes aan die bestuurderskant inspring en wegjaag. Martie het aan die kant van die motor vasgeklou. Sy is toe van die motor afgegooi soos Maes gejaag het. Sy het in ’n hospitaal aan haar beserings beswyk.

Sy laat haar tien maande oue babaseuntjie en haar tienjarige dogtertjie, Prudence, agter.

Abel is later ongedeerd gevind. Maes is gearresteer nadat hy van die polisie af probeer vlug het. Die saak word verder ondersoek.

Lees meer artikels hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: