August 5, 2021

Lewendige vis sit in man se keel vas

Terwyl hy besig was om die haak te verwyder, het hy ’n ander vis aan een van die ander stokke sien trek.

Lewendige vis sit is man se keel vas

Lewendige vis sit is man se keel vas

COLOMBIA. – ’n Jong man het amper versmoor nadat ’n lewendige vis as gevolg van ’n vreemde ongeluk in sy keel gaan vassit het.

Volgens iheartintelligence het die visserman, wie se identiteit nie aan die publiek bekend gemaak is nie, glo vir sy gesin gaan visvang en kon uiteindelik ’n vis vang. Terwyl hy besig was om die haak te verwyder, het hy ’n ander vis aan een van sy ander visstokke sien trek.

LEES OOK: Man se liggaam glo ure na verdrinking in openbare swembad gevind

Dit is toe wat die man die vis van ongeveer 18 cm solank in sy mond sit en probeer om die tweede vis te vang. Die glibberige vis het gewriemel en in die visserman se keel gaan vassit.

Geluk is aan sy kant

Die vis het gelukkig nie die lugvloei na sy gasheer se longe heeltemal geblokkeer nie.

Die man het glo self na die nabygeleë hospitaal geloop, maar hy kon dokters nie vertel wat met hom gebeur het nie, aangesien hy skaars kon asem haal. Hy het na sy keel gewys en ‘n X-straal aangetoon dat hy ’n vis in sy keel gehad het.

Dokters kon die vis verwyder sonder dat die man permanente skade opgedoen het. Die prosedure is deur die mediese personeel op film vasgelê, omdat dit nie aldag is dat hulle met so iets te doen kry nie.

Lees meer artikels hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *