Ons dink ons sien ons kind se uitdagende gedrag en “slegte” gewoontes raak vir wat hulle is. Dit is moontlik dat ons begrip van ons kind skeefgetrek word deur ons eie persepsies. Hier is ‘n paar goeie maniere om jou kind se gedrag te hanteer.
Erken die positiewe
Soek vir ‘n balans tussen om te prys en te kritiseer. Prys jou kind as hy slaag, verminder die geskree en aandag aan negatiewe gedrag, en jy sal mettertyd werklike gedragsveranderinge sien.
Volg alles op
Gebruik twee weke waarin jy jou kind as ‘n eksperiment sien en vir jouself as ‘n wetenskaplike. Kies problematiese gedrag om te bestudeer en begin met die insameling van data. Aangesien slaaptyd ‘n gewilde klagte is, begin daarmee. Tel elke aand hoeveel keer, en om watter redes, jou kind uit die bed uit klim. Teken aan hoe hy reageer. Hou ook die tye dop wat hy nie uit die bed opgestaan het nie.
Gee op om “reg” te wees
Die beste manier om dit te bewerkstellig, is vir ouers om in hulle kind te glo – om die goeie dinge te versterk en nie daarop aan te dring dat enige sukses ‘n gelukskoot is nie. Sukses is nie ‘n onwrikbare reguit lyn na bo nie. Daar sal afdraandes en teruggevalle wees, maar kinders (en volwassenes) kan vinniger herstel as hulle voel dat die mense rondom hulle in hulle glo en hulle ondersteun.
Ontdek jou kind
Die wonder van ouerskap is om na hierdie persoon wat jy geskep het te kyk en te vra: “Wie is hy?” Jou kind sal homself geleidelik aan jou openbaar terwyl hy en jy die raaisel oplos oor wie hy is. Intussen kan jy ondersteun, help, en jouself verwonder. Sien alles raak (en prys) wat hy reg doen, en laat hom word wie hy werklik is: homself, eerder as jou idees van hom.



