Melktert-malvapoedingresep

Het jy geweet jy kan die twee nou as een poeding maak?

Melktert-malvapoedingresep

Melktert-malvapoedingresep

Is jy lief vir Melktert? Is jy lief vir malvapoeding? Het jy geweet jy kan die twee nou as een poeding maak? Dit is heerlik en almal sal vra vir nog.

Bestanddele vir die melktert:

  • 500 g vanieljevla
  • 20 wit malvalekkers
  • ½ teelepel kaneel

Bestanddele vir die malvapoeding:

  • 1 koppie suiker
  • 2 eiers
  • 3 teelepels appelkooskonfyt
  • 8 eetlepels melk
  • 4 teelepels gesmelte botter
  • 1 teelepel wit asyn
  • 1 koppie bruismeel
  • 1 teelepel koeksoda

Bestanddele vir die malvapoeding se sous:

  • 150 g suiker
  • 8 eetlepels warm water
  • 150 ml room

LEES OOK: 10-Minute avokado-chimichurrisous – resep

Metode vir melktert:

Let asseblief daarop die melktertgedeelte van die poeding moet laaste gemaak word.

  • Gooi die vanieljevla in n mikrogolfbestande bak.
  • Voeg die 20 wit malvalekkers by en roer dit deur om seker te maak die malvalekkers is met die vla bedek.
  • Smelt die mengsel in die mikrogolf vir drie minute en 45 sekondes.
  • Stop elke 45 sekondes om die mengsel te roer totdat dit glad is.
  • Gooi dan die ½ teelepel kaneel by en meng dit deur.

Metode vir die malvapoeding:

  • Gooi die suiker in ’n bak en voeg die twee eiers by.
  • Klits dit saam tot glad.
  • Voeg dan die appelkooskonfyt, melk, botter en asyn by en meng goed.
  • Sif die bruismeel en koeksoda in die beslag in.
  • Meng dit goed.
  • Skep die beslag in ’n oondvaste bak en bak by 180°C vir 30 minute.
  • Laat die poeding afkoel.

Metode vir die sous:

Gooi die suiker, water en room in ’n bak en smelt oor medium hitte tot gemeng.

Hoe alles bymekaarkom:

  • Druk gaatjies met ’n stokkie of vurk in die malvapoeding.
  • Gooi dan die warm sous oor die malvapoeding.
  • Skep die melktertmengsel bo-op die malvapoeding.
  • Strooi bietjie kaneel bo-oor en plaas in die vrieskas tot gestol.

Kry meer resepte hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: