Roudiens vir Herholdt O’Connell

Almal wat hom geken het, het geweet sy hande staan vir niks verkeerd nie.

Roudiens vir Herholdt O’Connell

Roudiens vir Herholdt O’Connell

KIMBERLEY. – ’n Roudiens vir Herholdt O’Connell (56), bekende boukontrakteur, geliefde man, pa en oupa, sal op 5 Februarie 2021 om 11:00 by Biker’s Church plaasvind.

O’Connell het drie maande gelede ’n hartaanval gehad en is op 4 Januarie 2021 met Covid-19 gediagnoseer. Hy is in die hospitaal opgeneem en ’n paar dae voor sy dood ontslaan. Sy familie glo hy het nooit ten volle herstel nie. O’Connell is op 26 Januarie 2021 oorlede.

Hande staan vir niks verkeerd nie

Almal wat hom geken het, het geweet sy hande staan vir niks verkeerd nie. Hy het ’n klein hartjie gehad en het altyd gehelp waar hy kon.

O’Connell word deur sy vrou, Nettie (54), na ’n huwelik van 33 jaar, sy seun, Johan (33), skoondogter, Marinda (34) en kleinseun, Dylan (6), oorleef.

“Daar is ’n leemte in ons harte. Ons wou hom nog net ’n rukkie langer by ons gehad het, maar verstaan ook dat die Here hom kom haal het en van sy pyn verlos het. Dankie aan almal se boodskappe en oproepe in hierdie moeilike tyd.”

Lees meer artikels hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: