Hoe jy virtuele vergaderings kan baasraak

Hoe jy virtuele vergaderings kan baasraak. Foto: Chris Montgomery

Hoe jy virtuele vergaderings kan baasraak. Foto: Chris Montgomery

Die werkwêreld is steeds gefokus op virtuele vergaderings as ‘n manier om kontak met ander te minimaliseer. Alhoewel dit lekker is om in slaapklere to vergader, sal die volgende punte help om dit professioneel te hou.

Jy sal verbaas wees oor die aantal dinge wat jy kan doen om te laat lyk asof jy al jare lank sulke vergaderings bywoon.

Lyk professioneel

Ja, jy werk van die huis af, maar as mense vir jou gaan sien, is dit ‘n goeie idee om professioneel te lyk. Dit is heeltemal goed om jou gunstelinghemp saam met ‘n sweetpakbroek te dra. Let ook op jou gesigsuitdrukkings – die laaste ding wat jy wil doen, is om die indruk te gee dat jy nie belangstel in wat gesê word nie.

Maak seker dat die lig reg is

Hier misluk die meeste mense – die beligting. Die meeste mense het nie genoeg lig in hulle kamer wanneer hulle vergaderings bywoon nie. ‘n Vinnige manier om dit reg te stel, is om ‘n lamp naby jou gesig te sit. ‘n Ander fout wat mense maak, is om blootgestel te word aan te veel lig. Moenie met jou rug na die venster toe sit nie, want die kamera sal al die lig inneem en ‘n silhoeëteffek skep.

Hou ‘n neutrale agtergrond

Jy wil hê dat mense op jou gesig moet fokus, nie op wat agter jou is nie. Hou dit eenvoudig en maak seker jy het niks anders as ‘n muur agter jou nie. As jy kinders het, let op waar hulle is terwyl jy in die vergadering is. Hulle kan dalk net agter jou verskyn om hulle baie belangrike insette by te voeg, en dieselfde geld vir jou honde.

Sit alles in perspektief

Probeer om terug te sit en te ontspan terwyl jy ‘n virtuele vergadering bywoon. Te veel mense sit heeltemal te naby aan die kamera en dit is nie ‘n mooi prentjie nie.

Wees jouself

Hou in gedagte dat dit ‘n vreemde tyd vir almal is, en jou medewerkers en kliënte gaan deur dieselfde ding. Sorg vir humor wanneer die geleentheid hom voordoen – ons het almal dit nodig.

Bron: Good Things Guy

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *