February 26, 2021

“Geen virus gaan ons onderwysers se moed breek nie” – Tanya Jordaan

Tanya Jordaan (26) ’n wiskunde onderwyseres van Hoërskool Adamantia gesels met FiND iT oor die nuwe skooljaar wat binnekort begin, die impak van Covid-19 daarop en hoe ouers hul kinders kan voorberei.

Tanya Jordaan (26) ’n wiskunde onderwyseres van Hoërskool Adamantia gesels met FiND iT oor die nuwe skooljaar wat binnekort begin, die impak van Covid-19 daarop en hoe ouers hul kinders kan voorberei.

Tanya Jordaan (26) ’n wiskunde onderwyseres van Hoërskool Adamantia gesels met FiND iT oor die nuwe skooljaar wat binnekort begin, die impak van Covid-19 daarop en hoe ouers hul kinders kan voorberei. Foto: Tanya Jordaan

Tanya Jordaan (26), ’n wiskunde-onderwyseres van Hoërskool Adamantia, gesels met FiND iT oor die nuwe skooljaar wat binnekort begin, die impak van Covid-19 daarop en hoe ouers hul kinders kan voorberei.

Tanya sê ’n mens kan Covid-19 enige plek opdoen en die leerders word reeds gebombardeer met veiligheidsreëls. Daarom is dit belangrik vir onderwysers om ’n kalm en positiewe beeld na die leerders uit te straal om seker te maak nie nog meer vrees word aangewakker nie.

Tanya sê in Adamantia word al die voorsorgmaatreëls teen Covid-19 getref en in haar klas dra almal maskers, reinig gereeld en hou sosiale afstand, maar dis nie altyd maklik nie. “Soms moet ek reg langs ’n leerder staan om ’n wiskunde-probleem te verduidelik. Wiskunde is maar ’n interaktiewe vak waar kommunikasie baie belangrik is.”

Lees meer artikels hier.

Leerders is stiller as gewoonlik

Die maskers het ’n groot impak op die leerders en die onderwysers. “Daar is leerders wat onderwysers se lippe lees om nog beter te verstaan en leerders maak staat op gesigsuitdrukkings. Vir onderwysers is dit nou ’n uitdaging om ander visuele maniere te vind sodat leerders steeds goed kan verstaan. Tanya sê die leerders is baie stiller as gewoonlik en neem nie meer so effektief deel aan die klas nie.

Tanya gee die volgende wenke aan ouers om hul kinders vir die nuwe skooljaar voor te berei:

  • Moedig jou kind aan om solank ’n masker tuis te dra sodat hul kan gewoond raak aan die langer dra daarvan. “Laat hulle sommer die masker dra terwyl hulle TV kyk.”
  • Koop vir jou kind persoonlike saniteermiddels indien jou finansies dit toelaat. Alhoewel daar orals by die skool saniteermiddels beskikbaar is, is dit net makliker as hul dit het om vrylik te gebruik om teen Covid-19 te beskerm.  
  • Hou jou kind in ‘n roetine. Dit is vir leerders moeilik om in ‘n roetine te bly, aangesien hul net elke tweede dag skool toe gaan. Laat hulle steeds vroeg gaan slaap en vroeg opstaan.
  • Moedig jou kind aan om nie agter te raak met skoolwerk nie, aangesien die jaar baie kort gaan wees en daar nie tyd is om te mors nie.
  • Maak seker jou kind kry die nodige vitamiene in om gesond te bly.

Lees meer artikels hier.

Ouers se ondersteuning word benodig vir die stryd teen Covid-19

“Onderwysers is ook maar net mense. Ons kan ook foute maak, ons kan ook Covid-19 opdoen, al probeer ons ons bes om ons gesondheid op te pas. Ons het al die ondersteuning van ouers nodig, anders gaan ons nooit hierdie stryd wen nie.”

“Onderwys is vir seker ’n roeping en geen virus of negatiewe mense gaan ons onderwysers se moed breek nie.”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: