Een dood en twee beseer in botsing

FOCHVILLE. – ’n Vrou is dood en twee kinders is beseer toe die voertuig waarin hulle gery het, teen ’n vragmotor op die N12- en Bank-afdraai op Fochville gebots het.

ER25-paramedici het kort voor 05:30 op die toneel opgedaag en ’n vrou wat in haar kar vasgekeer is, gevind. Die vrou het noodlottige beserings opgedoen en is op die toneel dood verklaar.

Die twee kinders van vermoedelik 12 en 15 jaar oud het matige beserings opgedoen en is na ’n hospitaal vir verdere sorg geneem.

Die vragmotorbestuurder is nie beseer nie.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: