Ivermektien mag nou deur dokters toegedien word

Die hooggeregshof in Pretoria het gister besluit ivermektien mag deur dokters in noodgevalle toegedien word. 

’n Dringende aansoek

Dit volg nadat AfriForum ’n dringende aansoek teen die Suid-Afrikaanse Reguleringsowerheid vir Gesondheidsprodukte (Saphra) en die minister van gesondheid gebring het dat die middel vir mense gebruik mag word. Die beteken dokters hoef van nou af nie toestemming by Saphra te kry om dit in noodgevalle voor te skryf nie. 

Stryd teen die virus

“Die besluit om met die ivermektien-behandeling te begin, word nou aan die dokters se oordeel oorgelaat. Die vinnige toegang tot die middel is ‘n deurbraak vir vrybeid in die mediese sorg en ons stryd teen die virus,” sê AfriForum in ’n mediaverklaring. 

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: