BRYANSTON. – Drie mense is vanoggend beseer toe twee ligte motorvoertuie by die Cumberland- en Lochkruising in Bryanston gebots het.
Om 11:10 het ER24-paramedici op die toneel opgedaag en twee voertuie langs die pad gevind. Twee mans en ’n vrou is langs die motors aangetref.
Paramedici het die beseerdes ondersoek en bevind dat die vrou in ‘n kritieke toestand was. Die eerste man was in ’n ernstige toestand, terwyl die tweede man matige beserings opgedoen het.
Die beseerdes is na nabygeleë hospitale vir verdere sorg vervoer.
Plaaslike owerhede was op die toneel vir verdere ondersoeke.



