February 26, 2021

25 jaar vir Mothibistad-verkragter

MOTHIBISTAD. – Kabelo Molumi (66) is tot 25 jaar tronkstraf vir die verkragting van ’n gestremde vrou gevonnis.

Kol. Mashay Gamieldien, polisiewoordvoerder, sê die suster van die 25-jarige gestremde vrou het haar getuur om hulle oom in ’n nabygeleë dorpie te gaan haal. Toe die vrou nie terugkeer nie, het sy na haar suster begin soek.

“Die suster het ’n oproep van ’n gemeenskapslid ontvang wat verduidelik die gestremde vrou is in die geselskap van Molumi gesien. Sy het na sy huis gegaan waar sy deur die venster gesien het hoe Molumi haar suster verkrag.”

Sy het die deur oopgebreek, die voorval aangemeld en Molumi is in hegtenis geneem.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: