Munisipaliteit wys glo vinger na raadslede

KIMBERLEY. – Munisipale amptenare het glo vinger gewys na raadslede nadat ’n privaat organisasie, geskep deur inwoners van die stad, wil ingryp om die stad te herstel.

Dit het aan die lig gekom op ’n WhatsApp-groep wat geskep is vir vrywilligers wat met die herstelproses van die stad wil help. Daar is glo deur Sol Plaatje-munisipaliteit se amptenare gevra: “Waar is die raadslede?”

Raadslede van verskeie wyke in die stad is bitter ongelukkig, aangesien hulle persoonlik menige klagtes indien, tonele besoek waar werk verrig word en alles in hulle vermoë doen om te verseker probleme word uitsorteer.

Munisipale amptenare het nie gister vir ’n vergadering met raadslede oor diensleweringskwessies opgedaag nie.

Verskeie besigheidsmanne van die stad het ook gedreig om hul beleggings te onttrek.

FiND iT het navraag by Sello Matsi en Patrick Mabilo van die Sol Plaatje-munisipaliteit gedoen, maar wag steeds vir terugvoer.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: