February 26, 2021

Bedrogsaak uitgestel tot volgende maand

KIMBERLEY. – Floyd Teu,‘n besigheidsman van hier wat skuldig bevind is aan bedrog, geldwassery en dwarsboming van die gereg, se saak is tot 25 Februarie 2021 uitgestel.

Teu het vandag in die landdroshof in Kimberley verskyn.

Teu was deel van ’n versekeringsbedrogspul ter waarde van R1,4 miljoen. Hy is in 2015 saam met ’n ander bekende besigheidsman, Sakkie Gerber, in hegtenis geneem nadat Gerber se BMW X6 gesteel is. Dit het later aan die lig gekom dat Gerber se voertuig nie gesteel is nie, maar aan ‘n medepligtige oorhandig is om van ontslae te raak. Gerber is laasjaar vrygespreek op alle aanklagte teen hom.

Die saak is deur landdros LM Smith tot volgende maand uitgestel nadat ’n maatskaplike werker, sowel as korrektiewe dienste in die hof getuig het. Die verdediging glo die verslae sal Teu se vonnis ligter maak.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: