Watter produkte het vir jou duurder geraak?

Foto: Pixabay

Daar is min verligting vir gesinne wat sukkel om te oorleef en die prys van kruideniersware styg net.

Volgens All4Women het die Pietermaritzburg se groep vir ekonomiese geregtigheid en waardigheid (PMBEJD) vir die afgelope vyf maande die stygende koste van kruideniersware in Suid-Afrika dopgehou.

Volgens PMBEJD het hierdie maand se data nog ’n toename in pryse getoon. Volgens hulle jongste indeks vir huishoudelike bekostigbaarheid betaal gesinne nou oor die algemeen R200 meer as September verlede jaar vir ’n mandjie kruideniersware. Dit sluit net noodsaaklike produkte in.

Die data is gebaseer op 44 supermarkte en 30 slaghuise in Kaapstad, Johannesburg, Durban, Pietermaritzburg en Springbok. Volgens die data was die gemiddelde koste van die huishoudelike voedselmandjie vir Januarie R4 051,20. Dit is ‘n toename in R48,78 vanaf Desember 2020 en ‘n yslike verhoging van R194,86 vanaf September 2020.

Die skokkendste waarneming is dat dit die stapelvoedsel, soos mieliemeel, kookolie, aartappels en brood, is wat verhoog is.

Die regering word versoek om nou aksie te neem. Met gesinne wat sukkel om te oorleef en meer mense wat daagliks hul werk verloor, gaan die land se ekonomie sukkel om te herstel na die pandemie.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: