Man word aangekla van bestialiteit

Deel hierdie storie / Share this story

JOHANNESBURG. – ’n Man wat aangekla word van bestialiteit het Maandagoggend vlugtig in die hof verskyn.

Volgens The Citizen het die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (NDBV) gesê die insident het verlede jaar plaasgevind, maar toe die eienaar, wat gesien het hoe die voorval gebeur, ’n saak teen die man wou maak, is hy deur die polisie weggewys.

Dit is toe gerapporteer aan ’n ander dierewelsynorganisasie genaamd CLAW wat die NDBV vir hulp genader het. 

Wendy Wilson, die senior inspekteur wat aan die hoof staan van die NDBV se spesiale ondersoekeenheid, het in ’n verklaring gesê: “Die diereslagoffer is destyds vir onmiddellike hulp en ondersoek geneem. ’n Saak was geopen en die verdagte is in hegtenis geneem”.

Die saak is uitgestel tot volgende maand. Wilson sê bestialiteit is erge dieremishandeling, maar diegene wat die daad pleeg, is gewoonlik ’n risiko vir kwesbare mense soos kinders.

“Bestialiteit is selde ‘n alleenstaande seksuele misdaad. Die verband tussen die seksuele misbruik van diere en menslike wreedheid is werklik en belangrik en die NDBV moedig gemeenskappe aan om hierdie seksuele misdaad ‘n stem te gee.