February 25, 2021

Het jy agtergekom knoffel en gemmer is duurder?

Foto: Pixabay

Die vraag na knoffel en gemmer het aansienlik gestyg na gerugte dat dié kossoorte glo Covid-19-simptome verlig.

Volgens The Citizen het hierdie gerugte nou ’n astronomiese styging in die prys van die twee voedselsoorte veroorsaak. Die Mededingingskommissie sal nou ondersoek instel nadat verbruikers gekla het oor die hoë pryse van die voedselsoort.

Siyabulela Makunga, woordvoerder van die Mededingingskommissie, is dankbaar vir die aanvraag na knoffel en gemmer, maar sê ook: “Ons dink nie die verhoogde vraag na gemmer regverdig ’n prysverhoging van tot R400 ’n kg nie.”

Dr. Dulcy Rakumakoe sê sy is nie gemaklik om te bevestig of knoffel en gemmer rêrig werk teen die virus nie, aangesien die mediese skool haar nie oor natuurlike middels geleer het nie.

Sy sê sy kan wel bevestig dat hierdie kossoorte immuunversterkers is. Die WHO sê daar is geen bewyse dat knoffel en gemmer enigsins help vir die virus nie.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: