Twee beamptes in ongeluk dood

Foto: Pixabay

DURBAN-. Twee speurders van hier is vanoggend op die N2 in ’n ongeluk dood.

Volgens IOL het Garrith Jamieson, paramediese woordvoerder, gesê hulle het vanoggend om 5:30 ’n oproep gekry oor ’n ongeluk op die N2. Hulle het afgekom op die grusame ongeluk na ’n vragmotor en ’n voertuig by ’n kruising gebots het.

Die vragmotor het eers ’n ent van die toneel af tot stilstand gekom. “Die paramedici het gevind die twee polisiebeamptes het noodlottige beserings opgedoen en daar was niks wat hulle vir die twee beamptes kon doen nie. Hulle is op die toneel dood verklaar.” Die trokdrywer is na die hospitaal geneem vir behandeling.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: