Jou weeklikse sterrevoorspelling

Ram: 21 Maart – 19 April
Jou week sal goed begin. Jy sal hierdie week avontuurlustig voel. Dit is nou die perfekte tyd om nuwe mense te ontmoet en te leer ken. Probeer ook nader aan die einde van die week om tyd saam met familie te spandeer.
Bul: 20 April – 20 Mei
Neem jou tyd en wees geduldig. Jy sal die week by jou roetine moet hou. Jy sal teen die naweek nuwe energie hê. Maak seker dat jy vir mense sê hoe jy werklik voel.
Tweeling: 21 Mei – 20 Junie
Vra gerus jou vriende en familie vir raad al is jou instinkte skerp. Probeer die naweek jou bui beheer wanneer jy nie kry wat jy wil hê nie.
Kreef: 21 Junie – 22 Julie
Jou geheue sal goed wees hierdie week. Skop die week af met baie energie en dryfkrag. Dit is die perfekte week om iets nuuts te probeer. Moenie bang wees om buite die boks uit te dink nie.
Leeu: 23 Julie – 22 Augustus
Begin die week met iets nuut. Onverwagte geleenthede sal die week na jou kant toe kom. Vertrou jou intuïsie wanneer jy besluite maak.
Maagd: 23 Augustus – 22 September
Jy sal hierdie week jou werklike doel bevraagteken. Wees wel versigtig vir konflik met ander. Teen die naweek kan jy gerus die raad en bemoediging van vroulike familielede opsoek.
Weegskaal: 23 September – 22 Oktober
Jy moet hierdie week versigtig met jou verhoudings wees. Jy sal ook voor ’n keuse geplaas word. Kry mense met wie jy jou ware gedagtes kan deel.
Skerpioen: 23 Oktober – 21 November
Jy mag dalk baie konflik teëkom die week. Moenie selfsugtig wees nie en probeer rustig bly. Die naweek sal jy egter die leisels aan iemand anders moet oorhandig.
Boogskutter: 22 November – 21 Desember
Jy sal hierdie week baie gedoen kry. Bly net gefokus. Teen die naweek sal jy moet afskaal en net jouself geniet.
Waterdraer: 20 Januarie – 18 Februarie
Jy sal die week fantastiese idees hê. Werk hard daaraan om dit ’n werklikheid te maak. Die naweek kan jy na ’n romantiese verbintenis uitsien.
Vis: 19 Februarie – 20 Maart
Jou week sal snaaks begin. Jy sal moet oplet daarna om dinge bymekaar te bring. Jy sal teen die naweek meer liefdevol voel.