Geliefde besigheidseienaar en boer oorlede

KIMBERLEY. – Barry Gerber (64), ’n geliefde besigheidseienaar en pluimveeboer van die stad is vanoggend omstreeks 05:00 weens komplikasies na ’n lang siekbed oorlede.
Adriaan Gerber, Barry se seun, het aan FiND iT gesê sy pa is Sondag in die hospitaal opgeneem en sou vandag na Bloemfontein oorplaas word vir ’n noodoperasie, maar is vanoggend oorlede.
Gerber was die eienaar van Epoch Pluimveeplaas en was bekend onder die inwoners van die stad vir sy goedhartigheid.
“My pa was goed vir baie mense in die dorp,” het Adriaan vertel.