February 28, 2021

Wapenstoorplek en dwelmhokkie ontdek

Foto: Pixabay


PRETORIA. -Daar is Donderdag tydens operasie Kae Molao ‘n klein wapenstoorplek en dwelmhokkie op Rietfontein ontdek.

Volgens IOL het genl.-maj. Hilda Mohajane, polisiewoordvoerder, gesê hulle het in die omgewing gewerk toe hulle ’n wenk gekry het van die huis wat dwelms verkoop.

“Ons het vinnig op hierdie inligting gereageer en het op die huis afgekom waar ‘n 54-jarige man woon. Ons het baie verseëlde bottels met dagga in, en ook bottels met geld in, gevind. Ons het ook suigstokkies en koekies gekry wat vermoedelik dagga bevat.”

Verder het hulle tuisgemaakte bier in 20 liter-kanne gevind en ook bier wat in bottels verpak is met name daarop.

“Ons het vyf gewere en baie ammunisie gekry. Die huiseienaar het aangedui dat sommige van die vuurwapens nie in die huis was nie, wat strydig is met die vuurwapenwet.”

Mohajane waarsku dwelm- en geweerhandelaars en sê die polisie is op hulle spoor.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: