15 jaar vir man wat sy vrou vermoor

UPINGTON. – Arrie Koper (37) is tot 15 jaar tronkstraf vir die moord op sy vrou gevonnis. Die lewelose liggaam van Aneline Koper (32) is op Sondag 4 Augustus 2019 by haar huis op Louisvaledorp net buite Upington gevind.

Die ma van sewe kinders het ernstige kopbeserings opgedoen. Sy is met ’n skerp voorwerp deur haar man, wat van die toneel gevlug het, aangerand. Die polisie het ’n klopjag uitgevoer en Arrie is later die dag aangekeer. Hy het intussen in aanhouding gebly.

Die kinders van die oorledene, tussen 15 jaar en sewe maande oud, is op die deur die departement van maatskaplike ontwikkeling in pleegsorg geplaas.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: