Vir elke R1, gee Beefmaster R1 – ons maak slaggate self reg!

KIMBERLEY. – Die Slaggat se gat!-projek is weer aan die gang.

Alhoewel die welkome reën landswyd goeie nuus gebring het, is dit ’n absolute nagmerrie vir elke voertuigeienaar in Kimberley.

Rudi Ferreira, bedryfshoof van FiND iT-aanlynkoerant, sê Sol Plaatje het inwoners sleg in die steek gelaat wat ons paaie betref.

“Die tyd is nou dat ons self inspring en ons paaie herstel. Bekommerde sakemanne en inwoners het R30 000 geskenk om van die gate in McDougalstraat en Queensway tydelik te herstel.”

Ferreira doen ’n beroep op sakemanne om by die projek betrokke te raak.

“Dis moeilik as jy ‘n inwoner is wat sukkel na Covid om slegs net kos op die tafel te sit. As jy wel kan bydra en jy wil graag iets doen vir die gemeenskap, raak hier betrokke. Dit baat ons almal.

“Die aanbod van Louw van Reenen van Beefmaster staan steeds. Vir elke rand wat ons insamel, sal Beefmaster tot en met ’n R100 000 verdubbel.”

Dié projek se finansies word deur Engelsman Magabane Incorporated hanteer.

Vir enige navrae skakel Ferreira by 071 686 7200.

Sluit HIER by die Slaggat se gat!-Whatsapp groep aan.

*FiND iT het geen bande met ‘n ander groep wat Kimberley skoonmaak nie. FiND iT ondersteun ander projekte as dit Kimberley ‘n beter plek maak om te bly.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *