ORANIA. – Klarissa Joubert (19) is Donderdag omstreeks 19:00 deur die rivier weggespoel toe sy van ’n tube in die rivier by Orania afgeval het. Sy het glo saam met haar vriende in die rivier gaan tube ry.
Sy is sedertdien steeds vermis en ’n soek-en-reddingspan is tans op soek na haar.




