Covid-19 neem baie ouers weg van hul kinders

Foto: Pixabay

MIV/VIGS het vir jare gesinne uitmekaargeskeur en nou doen Covid-19 dieselfde. Kinders verloor hul ma of pa en somtyds beide hulle ouers aan die virus.

Volgens IOL het Hadara Veeraragudu (16) saam met beide haar ouers positief vir Covid-19 getoets. Haar ma is die 4de Januarie in die hospitaal oorlede. Presies ses dae na haar ma se verassing het sy haar pa ook weens die virus verloor. Veeraragudu het van die virus herstel, maar is verlore sonder haar ouers.

“Ons was miskien nie die rykste gesin nie, maar hulle het alles gedoen om te verseker ek en my ouer broer is gelukkig. My pa kon as gevolg van sy gesondheid nie werk nie, so my ma was die enigste broodwinner in die huis. Sy het by ‘n klerewinkel gewerk. Ons dink dit is hoe ons almal met die virus besmet geraak het.”

Veeraragudu sê na haar ma se afsterwe kon sy hoor hoe haar pa tot laat in die aande huil. Haar ouer broer het na haar ouers se dood teruggetrek na sy ouerhuis om haar te versorg. “Dit is moeilik, want ek mis hulle so baie en ek is so verward oor hoe ek sonder hulle gaan aangaan.”

Gesinstrukture word vernietig

Logan Naidu, die president van die Chatsworth-kinderwelsyn, se: “Gesinstrukture word vernietig. In sommige huise is dit nie net een familielid nie, maar twee of drie wat sterf. Toe ons met kanker, TB en MIV te doen gehad het, is mense ook dood, maar nie so vinnig soos met Covid-19 nie.”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: