Eloise raak net erger!

Foto: Ewn

DURBAN. – Die KwaZulu-Natalse departement van samewerkende regering en tradisionele aangeleenthede (CoGTA) het rampbestuurspanne op gereedheidsgrondslag geplaas terwyl die tropiese storm Eloise Suid-Afrika nader.

Volgens IOL het Eloise Donderdag deur die Mosambiek-kanaal getrek.

Sipho Hlomuka, LUR van KZN CoGTA, het ’n waarskuwing oor swaar stortreën in dele van KwaZulu-Natal wat tot oorstromings kan lei, gerig. CoGTA sal rambestuurspanne in omgewings soos uMkhanyakude, wat bekend is vir weerverwante voorvalle, hê om die omgewings by te staan indien nodig. CoGTA sê die provinsiale rampbestuursentrum is steeds besig om die beweging van Eloise te monitor.

Storm Report SA sê die tropiese sikloon Eloise het afgegradeer na ’n matige tropiese sikloon, maar sal na verwagting gedurende die volgende 48 uur drasties versterk tot ’n intense tropiesesikloonstadium. Mosambiek moet kennis neem dat Eloise ’n gevaarlike tropiese sikloon is wat Mosambiek Saterdag sal bereik. Daar word gevaarlike stormsterkte swaar reënval en ’n windsnelheid van tot 210 km/uur verwag.

Météo-France het Donderdagmiddag gesê Eloise het ’n wes-suid-wes-spoor na Mosambiek gehandhaaf. “Eloise hou ernstige bedreigings vir Mosambiek se kus in oor die naweek. Dit word verwag dat Eloise in ’n baie gevaarlike sikloon gaan ontwikkel, met impak op omgewings wat ver van die sentrum af is. Inwoners van die gebied word gemaan om onmiddellik die instruksies van die plaaslike owerhede te volg,”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: