Windhoek in die sop oor nuwe advertensie

Die Suid-Afrikaanse Reklame-reguleringsraad (ARB) wil die nuwe advertensie vir Windhoek-bier, met Gerhard Butler, verwyder hê nadat ’n klagte ontvang is. Dié advertensie beeld glo giftige geslagstereotipering van ‘regte manne drink bier’ uit.

Aadila Agjee, wat die klag teen Heineken Suid-Afrika ingedien het, sê die advertensie is aanstootlik omdat dit ’n man verkleineer wat vir ’n skyfie lemmetjiesaam met sy bier vra.

Agjee het in die klagte gesê geslagstereotipering of negatiewe uitbeelding van geslagte hoort nie in advertensies nie. “Ek verstaan ​​die boodskap dat Windhoek-bier op sigself volledig is, maar om mense skaam te laat voel of te verkleineer vir hul persoonlike voorkeure, is nie reg nie.”

Heineken is opdrag gegee om die advertensie te onttrek of te wysig.

Kyk die advertensie hier:

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: