Bejaarde man tydens aanval vermoor

ORANJEVILLE. – ’n Man is vanoggend dood na hy in sy huis in Strydomstraat in Oranjeville aangeval is.

ER24-paramedici het omstreeks 6:10 op die toneel opgedaag. Plaaslike owerhede was reeds daar.

Die paramedici is na die slaapkamer gelei waar die pasiënt gevind is. By nadere ondersoek is bevind die man het reeds aan sy talle steekwonde beswyk. Niks kon vir hom gedoen word nie en hy is dood verklaar.

Die besonderhede rondom hierdie voorval is onbekend. Polisie doen verdere ondersoek.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: