“Ivermectin kan ‘n brug wees tot die entstof beskikbaar is” – kundige

Foto: Pixabay

KAAPSTAD. – ’n Toonaangewende dokter uit Amerika sê daar word meer en meer bewys Ivermectin help mense in die stryd teen Covid-19.

Volgens IOL het Pierre Kory, pulmonale en kritieke sorg spesialis, gesê Ivermectin is definitief ’n instrument wat gebruik kan word tot ’n entstof bekom is.

Kory is president van die Front-Line Covid-19 Critical Care Alliance (FLCCC), wat ‘n groep spesialiste in kritieke sorg is. Hulle publiseer die werk van akademiese outeurs wat toegewy is aan die ontwikkeling van effektiewe behandelingsprotokolle om die oordrag van Covid-19 te voorkom.

“Ek dink nie Ivermectin kan mense help nie, ek weet dit help mense. Dit lei tot vinniger virale opruiming, laer virale lading, vinniger tye tot herstel en verlaagde sterftesyfers.”

Hy sê een van die beste eienskappe van Ivermectin is dit blyk of dit die verspreiding van die virus voorkom. “Ons het genoeg voorraad nodig, regerings moet gebruik maak hiervan, ons benodig vervaardigingsvermoë en ons moet diegene wat siek is, behandel,” het Kory gesê.

Zweli Mkhize, die minister van gesondheid, het in ‘n reeks twiets gesê Ivermectin is nie in Suid-Afrika vir menslike gebruik geregistreer nie, en is net vir die gebruik van diere. “Ons gids, die WHO, sê hulle beveel nie die gebruik van Ivermectin aan nie. Ons moet seker maak die regte toetse vind plaas voordat SAHPRA die gebruik kan goedkeur”.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: