Seun (11) al vir twee weke vermis

WARRENTON. – Lenvern Soetmelk (11) is sedert 7 Januarie 2021 uit sy ouerhuis op Warrenvale vermis.

Sy ma, Cyrilene Soetmelk, hy het ’n donkerbloubroek en grys hemp met blommetjies op aangehad die oggend toe hy vermis geraak het.

“Hy was in die tuin toe ek kombuis toe gaan om pap te maak. Toe ek weer buite kom nadat ek klaar die pap gemaak het, was hy weg. Ek het hom nie weer gesien nie.”

Soetmelk sukkel glo om ’n saak vir ’n vermiste persoon by die polisie aan te meld, aangesien menige mense in Warrenvale se informele nedersetting beweer hulle sien hom tussen die shanties rondloop.

“Die mense sê hulle sien hom rondloop, maar elke keer as ons soontoe gaan of hom gaan soek, dan is hy nie daar nie.”

Indien jy weet waar Lenvern homself bevind of enige inligting het wat kan lei tot sy opsporing, kontak asseblief vir Cyrilene Soetmelk by 063 968 3154.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: