February 28, 2021

Raad met jou maat – Estelle antwoord

Hier is jou kans om ’n anonieme vraag oor jou verhouding te vra. Stuur jou anonieme vraag na [email protected].

Anonieme lesersvraag:

Ek is al vir 17 jaar in ’n verhouding. Hy het my met ’n meisiekind by sy werk verneuk. Ek ken haar ook. Ons is uitmekaar uit en hy het by haar ouers in ’n woonstel gaan bly.

Sy het ’n kind wat deur haar ouers aangeneem is, omdat sy rondslaap en nie na die kind kyk nie.

Hy het getrek daar en ons is nou weer vyf maande saam, maar hy wil nog steeds by die ouers en by die kind gaan kuier omdat hulle kwansuis vriende geword het.

Ek voel dit is nie gesond vir ons verhouding wat ons wil herstel nie.

Is ek verkeerd?

Antwoord:

Ek stem saam met jou dat die situasie nie gesond is nie. Indien hy regtig net met hulle vriende wil wees, stel ek voor dat hy jou saamvat as hy daar gaan kuier. Indien hy daarop aandring om alleen te gaan, sien ek ’n slang in die gras. Die ander vraag is, wil jy regtig saam met iemand wees wat jou verneuk het? Dit klink nie of hy regtig berou het daaroor nie.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: