‘Ek sal die entstof neem,’ sê Desmond Tutu

Aartsbiskop Emeritus Desmond Tutu het hierdie week in ’n verklaring gesê hy sal die Covid-19-entstof neem sodra dit aan hom beskikbaar is.

Tutu meen die virus het al soveel verwoesting gesaai, maar dit kan nou met die toediening van die entstof gestuit word.

“Inentings het verskeie siektes soos pokke uitgewis. Tog is baie mense bang of versigtig vir hierdie eenvoudige, veilige en effektiewe manier om mense teen aansteeklike siektes te beskerm. Daar is niks om te vrees nie,” lui die verklaring verder

Tutu vra ook aan mense om hulle te laat inent en so te keer dat hierdie virus ons lewens oorneem of verkort.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: