NSFAS 2021-aansoeke sal nie heropen nie

Foto: Pixabay

Die minister van hoër onderwys, Blade Nzimande, het aangekondig die aansoeke vir die Nasionale Studentehulpfonds sal nie heropen word nie.

Volgens Briefly het die minister Maandag sy mening gelug oor die heropening van aansoeke vir NSFAS. Hy sê die studente het genoeg tyd gehad om aansoek te doen.
“Ons het verlede jaar vier maande gegee vir diegene wat wil aansoek doen. Ons fokus nou op keuring vir diegene wat suksesvol was. Ons kan ongelukkig nie weer die aansoeke oopmaak nie.

Nsfas het 750 000 aansoeke vir 2021 gekry, 185 000 meer as vorige jare.

Die minister het bevestig studente sal weer in 2021 skootrekenaars en data ontvang, sodat hulle steeds toegang tot klasse sal hê tydens die res van die Covid-19-pandemie.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: