Polisie slaan toe op taverne in Beaconsflied

KIMBERLEY. – Die polisie van Kimberley het op ’n taverne in Beaconsfield toegeslaan en dié man (63) se taverne is as gevolg van onwettige alkoholhandel, toegemaak.

“Die verdagte verkoop na bewering drank by sy huis teen ’n hoë prys aan die publiek. Hy het geen geldige dranklisensie gehad om ’n taverne van sy huis af in Newtonweg, Beaconsfield, te bedryf nie,” sê kapt. Olebogeng Tawana, polisiewoordvoerder.

Volgens Tawana is R4 800 se drank gekonfiskeer. Die polisie sê hulle ondersoek verskillende omgewings in Kimberley om seker te maak die mense gehoorsaam die aangepaste vlak drie regulasies.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: