February 28, 2021

Man op straat deur honde aangeval

Foto: IOL

KWAZULU-NATAL. – ’n Bejaarde man (79) is vanoggend hier deur drie honde op straat aangeval.

IOL berig die reaksie-eenheid Suid-Afrika (RUSA) sê die man kon wegkom toe ’n verbyganger die voorval gesien en die honde met klippe gegooi het. Die man was op pad om sy pos uit ’n klusterposbus in Wren Way te haal.

Die man het by die posbus met sy motor aangekom. Kort nadat hy uit sy motor geklim het, is hy deur drie honde aangeval. Die honde het uit ’n nabygeleë erf ontsnap. Die eiendom is glo omhein en dit is nog nie bekend hoe die honde uitgekom het nie.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: