February 28, 2021

Mans skop deur af op soek na drank

OOS-KAAP. – Twee mans het die deur van ’n huis in Port Elizabeth op soek na drank afgeskop. Toe aan die verdagtes gesê is daar is geen drank in die huis nie, is daar glo ‘n skoot deur een afgevuur.

Kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, sê ’n man (54) en ’n vriend was besig om te slaap. Naidu sê die verdagtes het na drank gevra en toe hulle hoor daar is geen drank nie het een glo ’n skoot afgevuur. Volgens Naidu was die vuurwapen foutief en die verdagtes het gevlug.

’n Paar minute later het die verdagtes teruggekeer en weer alkohol geëis. Hulle is weer in kennis gestel dat daar geen drank op die perseel is nie. Naidu sê hierdie keer is daar glo twee skote geskiet, waarvan een ‘n slagoffer na bewering in die skouer getref het.

Die verdagtes het na die voorval gevlug. ’n Saak van poging tot moord word deur die polisie ondersoek.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: