Ethiopiese winkelier en verdagte dood na rooftog

VRYSTAAT. – ’n Winkel in Mashaeng Fouriesburg is die naweek beroof waartydens die winkelier na bewering doodgeskiet is.

Kol. Thandi Mbambo sê drie onbekende mans het by die spazawinkel ingestorm. Volgens Mbambo was een verdagte met ’n vuurwapen gewapen en het die winkelier, Temsegel Tadsse Jomole (32), in ’n kamer ingedwing. Mbambo sê Jomole is vermoedelik daarna doodgeskiet.

Daarna is die een verdagte glo met ’n tas wat vermoedelik geld bevat, gesien. Die ander twee verdagtes het glo die geld wat in die kasregister was, gesteel. Almal het te voet gevlug.

“Tydens die ondersoek is een van die verdagtes dood langs die R26-pad met skietwonde aan sy rug aangetref. Dit is nog nie bekend wie hom doodgeskiet het nie. Die ander twee verdagtes is nog nie gevind nie,” sê Mbambo.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: