Winkel in Beaconsfield beroof

KIMBERLEY. – Die polisie is besig met ’n ondersoek nadat ’n rooftog vanoggend by ‘’n supermark in Beaconsfield plaasgevind het.

Kapt. Segio Kock, polisiewoordvoerder, sê die eienaar het vanoggend om 07:20 sy winkel geopen toe hy deur drie onbekende gemaskerde mans aangeval is. Volgens Kock het die een verdagte ’n swart baadjie aangehad, die ander een ’n groen baadjie en wit pet, terwyl die derde verdagte na bewering met ’n vuurwapen gewapen was.

“Die mans het die eienaar met kabelbinders vasgebind en het met ’n onbekende bedrag kontant, ’n 9 mm Berreta-pistool en ander waardevolle items gevlug,” sê Kock.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: