23 mense sterf na Covid-inenting

NOORWEË. – Altesaam 23 mense is binne ‘n paar dae dood nadat hulle hul eerste dosis Covid-19-entstof ontvang het.

New York Post berig 13 van die sterftes hou na bewering met die newe-effekte van die inenting verband. Al die 23 slagoffers was glo almal bo die ouderdom van 80.

Die mense in Noorweë het verlede maand hulle eerste fase van die Pfizer- of Moderna-inenting ontvang. IOL berig die mediese direkteur, Steinar Madsen van die agentskap, sê dit is baie duidelik hierdie entstof hou ‘n lae risiko in, met ‘n klein uitsondering in sekere gevalle. Volgens Madsen moet dokters nou deeglik oorweeg wie ingeënt moet word. Diegene wat baie swak en oud is, kan ingeënt word na ‘n individuele assessering.

Algemene reaksies op die entstof is koors en naarheid. Meer ernstige simptome is erge pyne en allergiese reaksies.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: