Nie rede tot paniek oor Whatsapp, sê kenners

Deel hierdie storie / Share this story

Facebook wil vanaf 8 Februarie van jou inligting deel met al sy toespassings, waaronder Facebook.

Hoekom Whatsapp?

Pieter Geldenhuys, toekomskundige en dosent aan die eksterne departement van die Londense sakeskool, het met MoneyWeb gepraat oor die redes agter hierdie besluit. Dis volgens hom belangrik dat Facebook die inligting van al sy gebruikers oor sy verskillende eiendomme konsolideer om effektiewe bemarking te kan doen. Terwyl Facebook deesdae hoofsaaklik deur die dertigplussers gebruik word en Instagram deur jonger mense, gebruik een en almal Whatsapp.

Watter inligting?


Inligting oor waar jy rondbeweeg, hoe lank jy met iemand gesels – om miskien later deur Facebook as ‘n moontlike kontak vir jou voorgestel te word, wie jou netwerke is, wat jy op die Internet soek en selfs die graad van jou fiksheid kan bekom word en aangewend word om spesifieke produkte aan jou te bemark. Daar is reeds meer as 50 miljoen maatskappye op Whatsapp en inligting wat jy met hulle deel, kan deur Facebook ontleed word en in bemarking gebruik word. Jy dink sosialenetwerke is gratis, maar niks is “verniet” nie. Jy “betaal” die sosialemediareuse met jou inligting.

Waarom pla dit nou?


Vroeër sou gebruikers maklik die update-knoppie gedruk het, maar dis skielik nou vir baie verbruikers van Whatsapp ‘n probleem oor watter inligting van hulle gedeel word. Emma Sadleir, ‘n kenner van sosiale media, voel as mense eers na kenners geluister het, kon die massahisteria voorkom gewees het.

Sy sê Facebook en Facebook Messenger versamel reeds meer data van gebruikers as wat Whatsapp doen. Telegram laat ‘n groter aantal gebruikers as Whatsapp toe en kan moontlik in die toekoms nie meer gratis wees nie. Signal gebruik net jou foonnommer, dus is dit die platform vir jou as jy paranoiës oor jou sosialenetwerkveiligheid is.

Wat van my Whatsapp-boodskappe?


Jou Whatsapp-boodskappe, ook foto’s, is geënkripteer (toevallig deur die maatskappy wat Signal besit) en kan nie deur byvoorbeeld Facebook in die openbaar blootgelê word nie. Tog, terwyl baie gebruikers na ander platforms soos Telegram en Signal wil skuif, kan dit meebring dat Facebook se monopolie dalk nou tot ‘n einde kom.

Bron: MSN en Moneyweb